Saturday, October 27, 2012

Boschkop Primary Visit to Kitty Hawk

As reported by The Bronberger:

Tien kry kans van ‘n leeftyd
PDFPrintE-mail
Wednesday, 24 October 2012
Untitled Document
Tien graad sewe leerlinge van Boschkop Primary het onlangs die kans van ‘n leeftyd gekry om te vlieg.
Boschkop se graad vier tot sewe leerders het Kitty Hawk vliegveld in September besoek om meer te leer oor lugvaart. Dié skooltjie doen sy bes om die leerders gevoed en geklee te hou en daar is geen ekstra fondse om uitstappies te reël nie, net donasies uit die gemeenskap.

Vlieënier Mark Walker help ‘n leerling van Boschkop Primary om gereed te maak vir ‘n vlug
Juanita Kruger, Kitty Hawk se trusteelid vir bemarking en kommunikasie, sê dat kinders in vier busse daar aangekom het, “vreeslik ordelik aangetree het om hulle lekkergoedpakkies te ontvang, en stroopsoet gaan sit het”.

Nee, ongelukkig kan almal nie in dié vaartuig pas nie…
Die kinders het almal ‘n kans gekry om na die vliegtuie te gaan kyk en vrae daaroor te vra. Daarna is hulle vertel hoe dit moontlik is om ‘n vlieënier te word; watter vakkeuses hulle moet maak, en waar hulle aansoek kan doen vir opleiding. Daar is lootjies getrek om te besluit watter tien graad sewe leerders die kans kon kry om te gaan vlieg.